Wat en wie is die Mamma Tribe?

Ons is die eerste groep, enig in sy soort, wat mammas stap-vir-stap lei om op die korrekte manier hulle kinders by te staan met Wiskunde. Ons bied ondersteuning, saam met baie hulpbronne wat ooreenstem met die CAPS en IEB vir Wiskunde graad 4 tot 6.

Die Mamma Tribe is 'n R149/maand ALLES ingesluit aanlyn platvorm, spesifiek vir mammas.

*Kanselleer enige tyd.

Wat is alles by die Mamma Tribe ingesluit?

Ons VOLLE pakket teen slegs R149 per maand sluit in:

  • Moving Kids vraestelle en memorandums.

  • Videos waar die vraestelle stap-vir-stap gedoen word.

  • Vraestelhantering en die belangrikheid van wat gevra word en hoe om dit te beantwoord.

  • Tafels en kitsrekene

  • Gesonde werksetiek en hoe om tuiswerk gladder te laat verloop.

  • Ouerleiding - hoe motiveer en spoor jy jou kind aan om self te WIL?

  • Persoonlike ondersteuning - jou vrae word binne 24 uur beantwoord.

  • Ondersteuning d.m.v. weeklikse Q&A

  • Maandelikse 'freebees' en ekstras

MAMMA TRIBE

Vir ons gaan dit EERSTE oor jou as mamma!

  • Ontvang 'n mentor, ondersteuning en leiding van 'n span kundiges met meer as 60+ jaar ervaring in opvoeding en spesifiek in Wiskunde onderrig.

  • Ons het met sukses honderde mammas gelei om hulle kinders te begelei en te ondersteun om werklik Wiskunde en akademiese wenners te wees.

  • Ek is die konsepontwikkelaar en eienaar van Moving Kids: Maths for minors wat met sukses regoor Suid-Afrika onderrig word en lewens verander.

  • Die program is maklik om te volg met stap-vir-stap opleiding videos.

  • Waar jy alles wat jy benodig om jou kind werklik by te staan en te lei, op een plek sal kry.

Laat jou e-pos adres hieronder vir ons gratis ouerhandleiding om tuiswerk gladder te laat verloop.

marlize@movingkids.co.za

079 069 8939